EntertainmentLifestyle

Geniet Stroomop nou in teaters

Nuwe film is nou landswyd beskikbaar.

Stroomop is amptelik op Vrouedag, 9 Augustus in fliekteaters landswyd vrygestel. Met reuse afwagting vir dié avontuur op die grootskerm loop die filmmakers se harte oor van dankbaarheid na openingsnaweek. Fliekgangers wat dit gedurende hierdie eerste naweek van vrystelling gaan kyk het se terugvoer stroom in en die vloedgolf van aangeraakte harte wat gedeel word, het die filmmakers, Ivan Botha en Donnalee Roberts, aangemoedig om ’n persoonlike boodskap te skryf aan almal wat dit reeds gekyk het, asook almal wat nog gaan:

“Dit was vir die afgelope drie jaar ons grootste droom om mense saam te kan neem op hierdie epiese visuele avontuur en met hulle te kon deel wat ons ervaar het op daardie asemrowende ongerepte deel van ons land waar daar op dele nog nooit eers ’n voetspoor getrap is nie. Daardie wêreld raak letterlik aan jou siel. Daar is soveel inspirerende STROOMOP-vroue wat al ons pad gekruis het en ons al inspireer het. Stroomop is ’n huldeblyk aan hulle, vroue wat daagliks die heldinne van hulle eie storie is. Ons hoop was dat elke vrou wat dit gaan kyk ’n stukkie van haarself in ons karakters sou sien en ons is onbeskryflik dankbaar en oorweldig deur die magdom terugvoer van regoor die land oor presies dit. Ons is net so dankbaar vir die mans wat die avontuur amper meer geniet het en ook met ons hulle harte en wonderlike insig gedeel het. Dankie aan elke persoon wat Stroomop al gekyk het en wat dit nog gaan kyk. Dis te danke aan julle dat ons trots Suid-Afrikaanse stories kan vertel en films kan maak wat net hier in ons land gebore en gemaak kan word. Dankie, dankie, dankie!!” – Ivan Botha en Donnalee Roberts.

DIE TWEE: Ivan Botha en Donnalee Roberts is baie opgewonde oor die nuwe film.

Filmfinty se Aankope- en Bemarkingshoof van Onafhanklike Films, Pieter Geldenhuys deel die volgende: “Filmfinity is opgewonde om aan te kondig dat Stroomop nie net die grootste openingsnaweek by die loket vir ’n Afrikaanse film vir die jaar gehad het nie, maar ook die grootste openingsnaweek vir ’n plaaslike film vir die jaar. Die film was so suksesvol dat nog fliekteaters die komende naweek bygevoeg word wat die film sal vertoon.”

NuMetro Emperors Palace, Movies@The Ridge, Movies@Silverstar, Victorian Theatres in Newcastle en Minimax Paarl is teaters wat bygevoeg word.

Stroomop se loketinkomste na openingsnaweek is R2.5-miljoen en meer as 38 500 mense het die film reeds gaan kyk en saam op die Oranjerivier-reis gegaan. Kykers word vasgevang in die grootste avontuur wat plaaslike films nog grootskerm toe gebring het. Die avontuur bly egter nie op die skerm nie, maar woel diep binne kykers met oomblikke wat harte teer aanraak en dan weer oomblikke wat kykers kliphard laat saamlag.

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton RecordComaro ChronicleSouthern Courier and Get it Joburg South Magazine.

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.zajuliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za

Add us on WhatsApp today! Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.

Support local journalism

Add Alberton Record as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button