HOËRSKOOL Alberton het op 26 September hulle jaarlikse matriekafskeid gehou.
Leerders het by die skool bymekaar gekom en voor toeskouers gepronk waarna hulle na Thaba Ya Batswana vertrek het om die aand te vier en te geniet.
Dit was nie net ’n groot dag vir die leerders nie, maar ook vir die skool want Via, ’n TV-kanaal op DSTV, se televisiespan van My matriekafskeid, was ook daar gewees om die glansgeleentheid af te neem.
PRENTJIE MOOI: Rochelle Parsons en AJ Harding tydens hulle matriekafskeid. (Foto: Mikayla Venter).REG VIR DIE AAND: Teresa Booyse voordat sy skool toe gegaan het om haar matriekafskeid te vier.ROOI ROOS VIR HAAR: Biance Theron ontvang ’n rooi roos van Ivan Botha.IN SWART GETOOI: Franco Coetzee en Ané Welman tydens Hoërskool Alberton se matriekafskeid.PRAGTIG IN BLOU: Lizelle van Onselen en Jansen van Eeden tydens Hoërskool Alberton se voorskou geleentheid op 26 September.PRAGTIG: Taila Motto Ros en André Nel tydens hulle matriekafskeid op 26 September. (Foto: Mikayla Venter)MOOI IN ROOI: Sharloné Geldenhuys het saam met Hente van Wyk matriekfafskeid toe gegaan.MOOI: Hier is Shaun Potgieter en Carli Smit van Hoërskool Alberton.SPOGGERIG: Ivy Fortein het saam met Renaldo Nel na Hoërskool Alberton se matriekafskeid gegaan.