Community galleriesGalleries

GALLERY: ‘n “Reis om die wêreld” in een oggend

Die tema was ’n reis om die wêreld, met musikale kunstenaar Yoti die Griekse Boertjie.

ALBERTON Aftree-Oord bied maandelikse teepartytjies met ’n ander tema en gaskunstenaar vir hul inwoners en dié se vriende aan.

September se teepartytjie se tema was ‘n reis om die wêreld, met musikale kunstenaar Yoti die Griekse Boertjie wat verseker het dat dit een groot plesierigheid was.

KAPTEIN EN KOÖRDINEERDER: Neil Lane en Magda Deisel.

Die aftree-oord se saal was propvol tafels en mense. Elke tafel was versier volgens ’n verskillende land, en het vingerhappies volgens elke land se kultuur gehad.

Lande wat by hierdie byeenkoms verteenwoordig was, het Suid-Afrika, Nederland, Jamaica, Griekeland, Spanje, Engeland, Italië, Meksiko, Portugal en vele ander ingesluit.

LEKKER SING: Yoti die Griekse Boertjie bring die partytjie met sy lewendige musiek.

Yoti het liedjies van elke land in die saal gesing. Dit was heerlike pret en omtrent niemand was skaam om saam te sing, dans of hande te klap nie.

Die volgende teepartytjie sal op 26 Oktober, weer by die Alberton Aftree-Oord saal om 9.30vm vir 10vm plaasvind. Die tema sal harmonie wees, met gaskunstenaar Marius Dippenaar. Hy gaan die gehoor betower met sy country musiek.

PORTUGAL: Die mense by die Portugal-tafel geniet mekaar se geselskap.

Indien jy belangstel om die volgende teepartytjie by te woon, besoek die Aftree-Oord by 45 Kritzinger Weg, Florentia, of skakel vir Willemien op 082 688 1910 of 011 907 1628.

JAMAIKA: Die mense by die Jamaika-tafel gesel heerlik saam.
NEDERLAND: Hannie Jordaan, Elma Vorster en Elmarie Claassen.
SUID-AFRIKA: Hierdie mense verteenwoordig trots ons eie land by die Suid-Afrika-tafel.

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton RecordComaro ChronicleSouthern Courier and Get it Joburg South Magazine.

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.zajuliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za

Add us on WhatsApp today! Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.

Get regular news updates sent directly to your inbox: Newsletter-Signup

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Alberton Record as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button