Local sportSport

Mini maraton en pretdag by Randhart

Die dag was vol pret vir almal en ’n goeie manier om meneer Deon van Zyl te groet.

OP 13 Oktober het Laerskool Randhart die hoof, Deon Van Zyl, se 25 jaar van harde werk gevier.

Pret was aan die orde van die dag met springkastele en stalletjies asook ’n mini-maraton. Leerders en ouers het die eindpaal gedurende die 4km en 8km behaal. Met die glimlagte op hulle gesigte kon jy sien dat groot en jonk dit geniet het.

Daar was selfs ’n teetuin, waar jy bedien kon word deur Graad Ses leerders, met smullekker kos om van te kies en opgeruimde musiek waarop leerders lekker gedans het.

Die motorfietsvertoning, waar hulle toertjies gedoen het, het groot aanklank by jonk en oud gevind. Dié twee manne het defenitief hulle storie geken.

Ongelukkig moes die stalletjies en springkastele bietjie vroeër oppak as gevolg van die reën, maar ’n bietjie reën het nie die Ranties se pret gestop nie. Hulle kon rustig in die teetuin verder kuier, waar hulle ietsie warms kon drink en gesels oor al die pret wat hulle gehad het.

“Almal wat gehelp het om hierdie dag spesiaal te maak, het fantastiese werk gedoen, die dag was ’n reuse sukses,” sê Michael Boucher.

“Hierdie was beslis ’n dag om te onthou en ’n goeie manier om totsiens te sê vir Deon.”

GLIMLAGTE: Elanzé Kuhn, Mia Nel, Nikita Hoffman, Lindi-Ann de Vries en Gizelle Wiid het geniet om by die stalletjies in te loer.

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton RecordComaro ChronicleSouthern Courier and Get it Joburg South Magazine.

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.zajuliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za

Add us on WhatsApp today! Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.

Get regular news updates sent directly to your inbox: Newsletter-Signup

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Alberton Record as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button