[GALLERY + VIDEO]: Sprekers vertel meisies hoe om te skitter
Die konferensie by die Alberton Lewensentrum het talle meisies gelok.
SKITTER 2018, ’n meisieskonferensie, het op 27 Oktober by die Alberton Lewensentrum plaasgevind.
Sprekers op die dag het Dr Therina Mol (algemene praktisyn), Clarice Pieterse (motiveringspreker, sanger en aktrise), Juanita Velts (aktrise), Lindi Delport (sangeres) en Suna Robberts (grimeerkunstenaar) ingesluit.

Dit was ’n geleentheid vir meisies tussen die ouderdomme van 10 en 18 jaar om meer oor hulself en God te leer.
Therina het oor vrou-word gesels, Juanita oor verantwoordelikheid en verhoudings en Lindi oor selfbeeld en identiteit. Clarice, wie almal van die vertoning Reënboogkidz ken, het oor reinheid en oor wat God van ons wil hê gepraat. Suna het weer oor skoonheid en mooi-maak gepraat en ook een van die meisies in die gehoor gegrimeer. Daar was iets te ete en drinke en ’n paar dansgroepe het ook die meisies vermaak. Dit was ’n konferensie waar meisies kon ontdek het hoe om werklik te skitter.
KYK:
https://www.facebook.com/LewenSentrumGemeente/videos/499523227181375/



For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton Record, Comaro Chronicle, Southern Courier and Get it Joburg South Magazine.
Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.za, juliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za
Add us on WhatsApp today! Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.
Get regular news updates sent directly to your inbox: Newsletter-Signup



