GalleriesNews galleries

GALLERY: Kersfees-werkswinkel laat die kreatiwiteit vloei

“Nie net is dit ’n lekker manier om kreatief te raak nie, maar dis ook baie gesellig.”

DIE VLU Goue Suide Streek het op 6 November ’n Kersfees-werkswinkel by die NG Kerk Alberton-Oos aangebied, waar die saal vol dames hul kreatiwiteit kon benut.

Barbara Steenkamp en Elize van Biljon het hierdie jaarlikse werkswinkel gereël. Dames van die gemeenskap het ’n klein fooi betaal om deel te neem en dan ’n pakkie met gereedskap en materiale ontvang om ’n verskeidenheid oulike Kersfeesversierings te maak.

HULP EN RAAD: Barbara Steenkamp (heel regs) gee vir die dames hulp en raad om die versierings te maak.

“Dit is elke jaar groot pret om hierdie werkswinkel te hou en dis iets waarna baie vrouens uitsien,” het Barbara gesê. “Nie net is dit ’n lekker manier om kreatief te raak nie, maar dis ook baie gesellig en ’n goeie rede om die dag met vriendinne deur te bring. Die beste deel is dan natuurlik om jou eie handgemaakte versierings huistoe te neem en aan jou eie Kersboom te hang.”

KRAAL-MANDJIES: Hier was die dames besig om oulike mandjies te maak uit krale en spelde.
BESIGE HANDE: Die dames het fyn werk met hul hande gedoen en hard daarop gekonsentreer.
KRAAL-STERRE: Hier het die dames blink sterre gemaak om aan hul Kersboom te hang, uit fyn silwer krale.
VOL SAAL: Die NG Kerk Alberton-Oos was propvol dames wat hul kreatiwiteit benut het.

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton RecordComaro ChronicleSouthern Courier and Get it Joburg South Magazine.

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.zajuliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za

Add us on WhatsApp today! Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.

Get regular news updates sent directly to your inbox: Newsletter-Signup

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Alberton Record as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button