GalleriesNews galleries

GALLERY: Jaarlikse Kermis Motorskou groot pret

Dit was ’n heerlike dag vir almal teenwoordig, met voel lekker Afrikaanse musiek en sonskynweer.

DIE NG Kerk Brackendal het op 10 November hul jaarlikse Kermis Motorskou gehou waarheen almal in die gemeenskap genooi was.

Daar was ongeveer 150 pragtige, blink motors – veteraan en nuut – op skou vir almal om te bewonder. Daar was dan ook ’n klomp stalletjies wat allerhande oulikhede en heerlike kermiskos en tuisgebakte lekkergoed verkoop het.

Kinders kon lekker baljaar en lag by die speelgronde, sandput en springkasteel. Daar was ook ander kinderaktiwiteite om te geniet, soos om koekies en kolwyntjies te versier en speelgoed te koop.

“DITJIES EN DATJIES” STALLETJIE: Hierdie stalletjie het allerhande oulike handgemaakte items te koop gehad. Hier staan Carina le Roux, Philip le Roux en Ds Piet Botha.

Dit was ’n heerlike dag vir almal teenwoordig, met voel-lekker Afrikaanse musiek en sonskynweer vir ‘n tydlose Saterdag-oggend atmosfeer. Moenie die volgende Kermis-Motorskou misloop nie – die REKORD sal lesers op datum hou sodra reëlings gemaak word.

IETS TE DRINKE: Agter die koeldrankstalletjie staan Francois Muller, Pieter de Klerk en Niel Heydenrych.
TUISGEBAKTE LEKKERGOED: Die heerlikste gebakte lekkergoed is by hierdie stalletjie verkoop. Hier staan Lana Veldhuizen en Etresia Jacobs.
MOOI OU motors: Mense het die dag se groot verskeidenheid mooi, ou motors bewonder.
BALJAAR: Kinders kon heerlik op die speelgrond saam speel en baljaar.

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton RecordComaro ChronicleSouthern Courier and Get it Joburg South Magazine.

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.zajuliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za

Add us on WhatsApp today! Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.

Get regular news updates sent directly to your inbox: Newsletter-Signup

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Alberton Record as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button