Die Cantare Kinderkoor het onlangs ’n fondsinsameling-kompetisie gehou waar hulle lootjies verkoop het, en die kopers dan ’n kar of ’n vakansie in enige plek in Suid-Afrika kon wen.
Cantare bedank elkeen wat hierdie kompetisie ondersteun het.
Omdat Cantare ’n nie-winsgewende organisasie is, het hulle hierdie lootjies verkoop om vir hul organisasie te probeer fondse insamel. Mense wat lootjies gekoop het, het die kans gestaan om ’n Mazda 2 of ’n vakansie in enige plaaslike plek van die wenner se keuse te wen.
Johan Venter van Laerskool Vissershoek het die motor gewen en Marie Niemand, ’n lid van die VLU Sonskyn-tak, was die gelukkige wenner van die vakansie. Sy het gekies om vir ’n week by Dikhololo in Brits te gaan ontspan, gedurende haar komende 80ste verjaarsdag.
Ons wil net graag vir elke ouer en persone van die publiek wat ons ondersteun het met die koop van kaartjies baie dankie sê.
Carlien Burger, Cantare Kinderkoor administrateur
For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton Record, Comaro Chronicle, Southern Courier and Get it Joburg South Magazine.
Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.za, juliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za
Get regular news updates sent directly to your inbox: Newsletter-Signup



