Heerlike Carols by Candlelight aand by Ligstad
'n Groot verskeidenheid kunstenaars het hul talente met die gehoor gedeel.
LIGSTAD het op 2 Desember ’n pragtige Carols by Candlelight in hul kerksaal gehou waar ’n groot verskeidenheid musiekkunstenaars en groepe hul talente met die gehoor gedeel het.
Kunstenaars wat tot die aand bygedra het sluit in Peter Rossouw, Ilse-Louise Herholdt, Erwee Jansen van Vuuren, Louis Walters, Coert Grobbelaar, IMBIZO, Reformerende Groep Sangers, Ligstad Recorder Group and Choir en Power Music Entertainment Young Performers.
Die saal was baie mooi volgens die Kersfeestema met kerse en blomme versier. Voordat elke kunstenaar en musiekgroep beurte gekry het om op te tree en die gehoor met die heilige Kersfeesgees te betower, is betekenisvolle boodskappe en Bybelverslesings eers met almal gedeel.

Gehoorlede het ook elkeen ’n kersie ontvang wat gegloei het toe Silent Night begin speel het. Dit was beslis ’n hoogtepunt van die aand.
Ligstad wil graag almal bedank wie tot die sukses van die byeenkoms bygedra het, wie dit bygewoon het en wie so mooi opgetree het. Ligstad wens ook vir die gemeenskap ’n wonderlike Kersfees en voorspoedige nuwe jaar toe, met God se seën.





For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton Record, Comaro Chronicle, Southern Courier and Get it Joburg South Magazine.
Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.za, juliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za
Get regular news updates sent directly to your inbox: Newsletter-Signup



