Brandpunt Fotoklub se Januarie wenners
Die wenners vir Januarie was Michael Feistel en Johan Potgieter.
BRANDPUNT Fotoklub het hul wenners vir Januarie aangekondig.
Die wenner in die senior kategorie was Michael Feistel met sy foto “Laaste vissers”. Die junior wenner vir die maand was Johan Potgieter met sy “Rooikop houtkapper”.
Brandpunt Fotoklub is ’n klub vir fotografie-entoesiaste in Alberton. Hulle beskryf hulsef as ’n jolige groep mense met ’n passie vir fotografie. Of jy dit doen as ’n stokperdjie, en of jy al ’n gesoute fotograaf is, hulle bied iets vir almal.

Die klub vergader een maal per maand, die tweede Woensdag, in Alberton en tussendeur reël hul lekker uitstappies. Bywoning by die klub en uitstappies is altyd uit vrye keuse.
Besoekers is altyd welkom en as jy belangstel om aan te sluit kan jy gerus eers so een of twee klubaande bywoon om te sien of jy daarvan hou.
Om by die klub aan te sluit of om een van ons byeenkomste by te woon, kontak Reppies Repsold by 082 716 0688.
For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton Record, Comaro Chronicle, Southern Courier and Get it Joburg South Magazine.
Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.za, juliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za
Get regular news updates sent directly to your inbox: Newsletter-Signup



