Ek weet nie hoe Suid-Afrikaners oor die volgende 10 jaar gaan oorleef nie. Ek sien ’n groot probleem vir ons land se mense, want alles styg geweldig en mense se salarisse bly dieselfde.
Waar gaan alles eindig? Wat gaan ons oor 10 jaar vir ’n liter petrol of selfs vir ’n brood betaal?
Dit is net skrikwekkend hoe alles net meer word. Een van die dae gaan jy moet kies tussen ’n fiets of ’n voertuig, want dit gaan te duur wees om met jou voertuig te ry.
Kies jy dan om fiets te ry, gaan jou sak nie so erg geruk word nie, maar gaan jy wel jou lewe in gevaar stel met die hoë misdaadsyfers en padverbruikers wat nie by padreëls hou nie – dinge lyk vir my maar donker.
Ek is bang vir die toekoms, want so ver lyk dinge nie goed nie. Wat gaan ons maak?
SS – Alberton
For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton Record, Comaro Chronicle, Southern Courier and Get it Joburg South Magazine.
Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.za, juliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za
Get regular news updates sent directly to your inbox: Newsletter-Signup



