Alberton se eerstspan kry ’n geleentheid om die bal te skop tydens die kragmeting tussen Hoërskool Alberton en Hoërskool Bastion op 8 Junie by Emirates Airlines Park. Foto: Annette van Schalkwyk
DIE rugbyspanne van Hoërskool Alberton en Hoërskool Bastion het die voorreg gehad om op 8 Junie by Emirates Airlines Park hul staal te wys.
Hoërskool Alberton en Bastion se eerstespanne was genooi om in die voorwedstryd van die Vodacom Super Rugby kragmeting tussen Emirates Lions en die Hurricanes te speel.
Hoërskool Alberton se eerstespan het met die louere weggestap toe hulle Bastion met 26-10 geklop het.
GALLERY:
Die eersterugbyspanne van Hoërskool Alberton en Hoërskool Bastion wat op 8 Junie by Emirates Airlines Park teen mekaar gespeel het. Alberton wen die stryd met 26-10. Foto: Annette van Schalkwyk
Hoërskool Alberton druk ’n drie teen Hoërskool Bastion op 8 Junie by Emirates Airlines Park. Foto: Annette van Schalkwyk
Die eersterugbyspanne van Hoërskool Alberton en Hoërskool Bastion wat op 8 Junie by Emirates Airlines Park teen mekaar gespeel het. Alberton wen die stryd met 26-10. Foto: Annette van Schalkwyk
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!