GalleriesNews galleries

GALLERY: Marais Viljoen se ‘This is Us’ was ‘n extravaganza van kleur en klank

Die musiek het gewissel tussen klassieke Afrika klanke soos Special Star, Afrikaanse sokkietreffers tot die beste van moderne musiekblyspelle.

HOËRSKOOL Marais Viljoen High School het die gala aand van hul 2019 Revue getitel This is Us op 23 Julie aangebied. Gaste op die aand was vermaak met ’n produksie vol treffers gesing deur die talentvolle Marais Viljoen leerders.

Die musiek het gewissel tussen klassieke Afrika klanke soos Special Star, Afrikaanse sokkietreffers tot die beste van moderne musiekblyspelle. Leerders het hulle harte uit gedans en die pret wat hulle op die verhoog gehad het was aansteeklik.

Meer as een mens uit die gehoor het hartlik saamgesing en hande geklap.

Die toppunt van die produksie was die lied This is me wat deur al die dogters opgevoer is. Hulle het saam vir die mense gewys presies hoe talentvol hulle as sangers is.

*Foto’s vir artikel deur Marais Wessels

GALLERY:

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Alberton Record as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button