LettersOpinion

Moeg vir kragonderbrekings

Skakel ’n mens die kontaksentrum word daar gesê dat die oproep opgeneem word

Groot dele van Alberton, waaronder Florentia, se krag was op 16 Augustus vir 12 ure lank uit.

Toe Florentia weer 19 Augustus vir 10 ure lank, asook 20 Augustus vir 17 ure lank, met die gevolg 39 ure sonder krag by my huis.

Skakel ’n mens die kontaksentrum word daar gesê dat die oproep opgeneem word vir kwaliteitsdoeleindes. Ek stel my saak en daar word aan my gesê die tegnikus is op pad om ondersoek te gaan instel.

Na ’n paar ure bel ek weer en hierdie keer word daar aan my gesê die tegniese mense werk net tot 11nm en die dagskof begin 7vm en hulle sal nou eers 7 uur die volgende oggend uitgaan om te gaan kyk.

Bel ek weer word daar gesê dit is nou ’n nuwe klagte en hier is ’n nuwe verwysingsnommer.

As ’n alreeds swaar belaste landsburger wat die wette van die land gehoorsaam en ’n betalende kliënt van die Ekurhuleni metro, dring ek nou aan op antwoorde.

Ek wil weet wat het die kragonderbreking Vrydagaand veroorsaak? Wat het die kragonderbrekeing Maandag en Dinsdagaand veroorsaak?

Waar en hoe kry die kontaksentrum hulle inligting?

Wat se kwaliteitsdoeleindes word toegepas soos hulle boodskap sê?

Luister iemand na die bandopnames van die oproepe en indien ja, wat maak hulle met die inligiting?

Indien nee, hoekom is die boodskap dan daar en hoekom is die antwoord nee?

Wat is die skofure van die elektriese department?

Ek wil baie graag verstaan hoe hulle werk want dinge maak net eenvouding nie vir my sin nie.

Genoeg is nou genoeg!

Nadia

Die REKORD het die vrae aan die metro deurgestuur vir kommentaar maar wag nog vir terugvoer.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Alberton Record as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

Check Also
Close
 
Back to top button