GalleriesNews galleries

GALLERY: Ligstad vier 7de verjaarsdag

Die verjaarsdag was by Buksies Resort gevier.

LIGSTAD het op 3 September sewe jaar oud geword en om dié mylpaal te vier het hulle op 30 Augustus by Buksies Resort bymekaar gekom.

Dit was ’n vreugdevolle dag van dankbare feesviering met musiek, saam eet en gesellige kuier.

“God was ons baie genadig en het vir ons ons daaglikse brood deur die sewe jare gegee, en soms het Hy ons heeltemal bederf,” het Alida Jooste gesê.

“Ek wil vir ons Hemelse Vader dankie sê vir Sy liefde gedurende die sewe jare van Ligstad se bestaan en ek bid dat Hy ons sal aanhou seën met sewe vrugte van die Heilige Gees op ons pad vorentoe.”

Teenwoordig by die vieringe was van dié mense wat van die begin of reeds die pad saam met Ligstad gestap het. Hulle het almal getuig van die groot en lekker belewenis om deel van Ligstad te kon wees.

VIEW GALLERY:

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Alberton Record as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button