LIGSTAD het op 3 September sewe jaar oud geword en om dié mylpaal te vier het hulle op 30 Augustus by Buksies Resort bymekaar gekom.
Dit was ’n vreugdevolle dag van dankbare feesviering met musiek, saam eet en gesellige kuier.
“God was ons baie genadig en het vir ons ons daaglikse brood deur die sewe jare gegee, en soms het Hy ons heeltemal bederf,” het Alida Jooste gesê.
“Ek wil vir ons Hemelse Vader dankie sê vir Sy liefde gedurende die sewe jare van Ligstad se bestaan en ek bid dat Hy ons sal aanhou seën met sewe vrugte van die Heilige Gees op ons pad vorentoe.”
Teenwoordig by die vieringe was van dié mense wat van die begin of reeds die pad saam met Ligstad gestap het. Hulle het almal getuig van die groot en lekker belewenis om deel van Ligstad te kon wees.
VIEW GALLERY:
Van die mense by die vieringe was al van die begin af saam Ligstad. Voor: Hammie Hammond, Marie Hammond, Doreen van der Westhuizen en Pieter van der Westhuizen. Agter: Alida Jooste, Corrie Ras en Anna Theunissen.
Susan van Rensburg uitgevat in haar spesiale hoedjie vir die dag.
Rina Labuschagne en Heila Jansen van Nieuwnhuizen het heerlik saam gekuier.
Lebo Mollulose, ’n vrywilliger, kuier lekker saam Maria Naylor.
Noline Lourens (voor) saam met Charmaine Norkett en Lebo Mollulose.
Die span wat gesorg het vir die dag se reëlings is Peter Russouw, Tom Moore, Sonya Pillips en Alida Jooste.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!