LettersOpinion

Motoris moeg vir ander wat jaag

Motoris het onveilig gevoel.

Iets wat ek nooit van mense sal verstaan nie is hoekom hulle altyd in ‘n woongebied jaag en op ‘n mens se motor afjaag?

Ek het op 10 Januarie in Kritzingerweg gery, vanaf Alberton City na die Alberton dam toe daar ‘n ongeduldige motoris agter my gery het.

Hy het heeltyd baie naby aan my voertuig gery terwyl sy voertuig sulke klap geluide gemaak het.

Hy het my toe op ‘n spêrstreep verby gesteek.

Die man het my omtrent op my senuwees gehad net met die manier hoe hy ry.

Daagliks is ons lewens in gevaar en ek dink nie jy wat so jaag gaan daarvan hou as iemand anders sy lewe verloor weens jou nie?

Tarien Schourie

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Alberton Record as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

Check Also
Close
 
Back to top button