
Mnr. Johan Andries Teubes, ‘n vorige inwoner van Alberton van 1934 tot 2002, is op Januarie in die ouderdom van 86 jaar in Jeffreysbaai oorlede.
Hy is deel van die geskiedenis van Alberton nadat hy op 6 Desember 1938 met die 100 jarige herdenking van die Groot Trek saam met vyf mans hul skoenafdrukke in sement verewig het voor die hoofingang van die Eeufees Kerk na ‘n simboliese ossewa-trek.
Alhoewel die wa-spore baie verweer het gedurende die afgelope 75 jaar, is die skoenafdrukke van Johan, destyds ‘n seun van 11 jaar, nog duidelik sigbaar. Die gedenkplaat wat op grondvlak aangebring was, is ook nog in plek, nou buite die kerkgronde op die huidige parkeerterrein, h/v Gerrit Maritz straat en Van Riebeecklaan.
John Teubes (jonger broer van die oorledene)



