Ek wil almal by Springbok Apteek bedank wat my so twee weke gelede gehelp het toe ek baie lae bloeddruk gehad het.
Ek was apteek toe omdat ek nie lekker gevoel het nie.
Terwyl ek in die ry gestaan het om die apteker te sien, het ek net slegter en slegter begin voel. Ek het toe een van die personeel, wat besig was om die rakke te pak, gevra of ek net iewers kan sit.
Een van die ander werknemers het my gesien en gereël vir ‘n stoel waarop ek kon sit.
Die laaste wat ek kan onthou was ‘n groot man agter my en ek was in ‘n rolstoel.
Toe ek wakker word was daar ‘n suurstofmasker op my gesig en ek het baie mense om my gesien wat my op my naam geroep het.
Ek is toe huis toe geneem en het intussen ander medikasie gekry.
Ek wil regtig vir almal, vanaf die vloerpersoneel, sekuriteitswagte, personeel agter die toonbanke en die kliniekpersoneel baie dankie sê. Dankie dat julle in my oomblik van nood daar was en so mooi na my gekyk het.
Julle het regtig moeite gedoen en almal het ingespring om my weer by te kry.
Ek is baie dankbaar vir wat julle daai dag vir my gedoen het en ek sal dit vir altyd onthou.
Nina Vermaak – Alberton


