LettersOpinion

Raadslid is sy sout werd

Raadslid Izak Berg het uit sy pad gegaan om 'n inwoner van Alberton te help.

Na ‘n baie lang gesukkel met lui en onbehulpsame amptenare by die Ekurhuleni Metro, wat jou van bakboord na stuurboord stuur en glad nie bereid is om enige verantwoordelikheid te aanvaar nie, het ek besluit genoeg is genoeg.

Ek wend my toe na raadslid Izak Berg wat onmiddellik ‘n simpatieke oor gehad het, en glo dit of nie, binne ‘n kwessie van 48 uur is ‘n probleem wat nou al maande sloer, opgelos.

Ek vra myself die vraag af hoe hy dit regkry, terwyl amptenare wat daarvoor betaal word nie hul werk behoorlik kan, of liewer wil, doen nie. Dit is beslis ‘n kwessie van empatie, pligsbesef as raadslid, en waardering vir die algemene publiek.

Raadslid Berg is sekerlik een van die grootste aanwinste wat die Metro van Alberton het. Hy gee onmiddellik aandag aan probleme sonder om groot te praat, sy eie beuel te blaas, of om homself voorop te plaas.

Ons het meer raadslede soos hy nodig om die swak diens en onwilligheid van amptenare, waarvoor ons as belastingbetalers moet opdok, hok te slaan voordat die infrastrukture totaal verval.

D Rabie

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Alberton Record as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

Check Also
Close
 
Back to top button