
Ons betreur die heengaan van Ilse Stoop gebore 23 Julie 1976 en gesterf 15 Januarie 2014.
Sy’s Woensdagmiddag skielik op die ouderdom van 37 oorlede. Ilse was dinamies, akedemies presterend en het vir haar beroep as rekenmeester geleef. Ilse was trots en het die leer van sukses gou geklim.
‘n Tannie duisend vir Adel en Lisa se kinders, ‘n pragtige dogter vir ma Dana. Ons was trots op haar. Hierdie jong vrou het graag hulp aan ‘n behoeftige verleen en nooit ‘n enkele persoon weggekeer nie. Haar laggie en uitbundige giggel was so aansteeklik en opbeurend.
Ilse, jy’s nou rustig en verlig van die spannende druk van alledaagse vereistes, ontslae van “pure pressure” en frustrasie en vernedering. Jy’s nou in daai mooi tuine van Piket in die Ooste, waar jy jouself gate uit geniet het en kalmte ervaar het. Ons mis jou alreeds, kleinsus. Tot weersiens.
Familie en vriende



