My droom is nie meer ‘n droom nie, maar ‘n werklikheid. Ek het weer op SA’s deelgeneem, en het nie net ‘n medalje gekry nie, maar ‘n goue een en ook my persoonlike beste ooit gespring van 5.34 meter.
Ek wil graag baie dankie sê aan almal wat ietsie bygedra het sodat ek kon Kaap toe gaan. Julle het dit vir my moontlik gemaak. Tannie Louis Müller en Tannie Linde Jacobs, julle is baie spesiaal vir my.
My onderwysers by Laerskool President Steyn, baie dankie vir julle geduld en ondersteuning.
Tannie Mickey, tannie is ‘n awesome afrigter en ek sou dit nie sonder tannie se harde werk kon gedoen het nie.
Maar die heel belangrikste wil ek dankie sê vir my Skepper vir my besondere talent en dat Hy ons as atlete gelei het deur ons voorbereiding en deelname.
Vir al die ander atlete wat ook ‘n droom het, wil ek sê: “Reach high, for the stars lie hidden in your soul. Dream deep, for every dream precedes the goal.”



