Afrikaanse musieklegendes by Carnival City

Saam spog Steven en Juanita met meer as 4.5 miljoen albums wat gesamentlik verkoop is wat beteken jy mag hierdie een nie misloop nie!

STEVE Hofmeyr en Juanita du Plessis is twee van die suksesvolste Afrikaanse kunstenaars en dié twee deel die verhoog by Carnival City se Big Top Arena op 30 Mei om 20:00 en op 2 Junie om 15:00 en 17:00.

Die twee spog met meer as 4.5 miljoen albums wat gesamentlik verkoop is, en dit maak hulle die beste Afrikaanse kunstenaars in ons musiekgeskiedenis wat verkope betref. Juanita is die wenner van ‘n SAMA toekennings in die kategorie beste Afrikaanse DVD, wat haar gunsteling liedjies van die laaste 10 jaar bevat. Haar album Jy voltooi my is ook as die beste pop album in 2013 aangewys.

Die talentevolle Steve Hofmeyr, wat ook ‘n SAMA toekenning gewen het vir beste Suid-Afrikaanse kunstenaar van die jaar, het geen bekendstelling nodig nie.

Kaartjies kos tussen R161 en R220 en is by Computicket beskikbaar.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Alberton Record as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button