LettersOpinion

Jackson Dam nou rolstoel-vriendelik

Ek bedank die raadslede wat hulle daarvoor beywer het om die enigste natuurlike waterryke parkie in Alberton op te gradeer, Jackson Dam.

ALBERTON: ‘n Situasie wat deur die beplanner agterweë gelaat is, en die aandag ontglip het, is die vrye toegang van gestremde rolstoelgebruikers tot die terrein. Die sypaadjie wat van die omliggende straatvlak aan die parkie toegang verleen, is te hoog en rolstoelgebruikers kan nie sonder hulp en baie moeite die parkterrein self bereik nie, ‘n ware nagmerrie.

Die dkrywer, ‘n inwoner van Alberton, het Raadslid Isaac Berg enkele weke gelede genader oor die probleem. Tydens ‘n besoek ter plaatse is die probleem in oënskou geneem. Raadslid Berg het met ‘n uiters doeltreffende plan na vore gekom en die inwerkingstelling daarvan onderneem.

My groot verbasing; drie weke daarna kon die Jackson Dam vrye toegang aan rolstoelgebruikers verleen. Nou kan ons die fasiliteit ten volle geniet.

Mnr Isaac Berg, baie dankie dat u ‘n netelige probleem so gou en deeglik laat uitvoer het. U speel ‘n besondere rol in die welsyn van Alberton se inwoners. Nie soos die trekker se beloftes aan die miskruiers nie.

Groot dankie.

Hannes du Preez

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Alberton Record as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

Check Also
Close
 
Back to top button