
ALBERTON – Die artikel het oor die verwydering van vullis gegaan, en die EMM wat nie op die regte tyd die asblikke kom leegmaak nie. Ek woon in Verwoerd Park, en my probleem is dat die EMM verwag ons moet die asblikke buite los totdat hulle eendag besluit om dit te kom leegmaak.
My asblikke word gewoonlik gesteel as ek dit nie snags inbring nie. As jy besluit om weg te gaan oor ‘n naweek en jou asblik word eers die Saterdag leeggemaak, dan adverteer jy vir al die skelms dat niemand tuis is nie.
Vreeslike Gefrustreerd, Verwoerd Park



