CompetitionsLifestyle

Wen kaartjies na Country Legendes en Vriende 2014 by Carnival City

Die langverwagte terugkeer van Lefra Produksies se Country Legendes en Vriende na Carnival City se Big Top Arena is bevestig vir Saterdag 4 Oktober 2014 @ 20:00.

Drie lesers kan elkeen ‘n dubbelkaartjie wen na vanjaar se Country Legendes en Vriende te wen in die Big Top Arena by Carnival City op Saterdag, 4 Oktober om 20:00!

Om deel te neem aan Alberton Rekord en Lefra Produksies se Country Legendes en Vriende 2014-kompetisie, kan jy die volgende na 33000 SMS: WEN Alberton Rekord COUNTRY, dan JOU NAAM EN VAN en dan JOU STAD OF DORP. 

Dieselfde inligting kan ook per e-pos gestuur word aan wen@lefra.com met COUNTRY & Alberton Rekord KOMPETISIE as onderwerp.  Wenners sal telefonies gekontak word en die beslissing van die Redakteur is finaal.  SMS’e kos R1,50 elk.

Sluitingsdatum: Woensdag, 1 Oktober om middernag.

Hierdie ongeëwenaarde byeenkoms van die legendes van Suid-Afrikaanse country musiek en ’n nuwe generasie van country sangers sal een van die grootste country vertonings ooit wees!  Voortbouend op die sukses van die vorige Country Legendes en Vriende, sal legendes soos Lance James, Barbara Ray, Clive Bruce, Sally Vaughn, Tommy Dell en Jody Wayne optree saam met hulle vriende, die superster Juanita du Plessis, Jason Bradley, Chantell Williams en die Rodeo Girls in ’n skouspel waarin dié kunstenaars weer eens bevestig sal word as legendes en legendes-in-wording in die country musiek wêreld.

Besprekings kan gedoen word by Computicket by 0861 915 8000 of by www.computicket.com.  Groepe van meer as 10 kry ’n stewige afslag; skakel Lefra Produksies by 011 815 3000 of stuur ’n e-pos na marketing@lefra.com.  U kan ook oor fondsinsamelingsgeleenthede met ons praat.  Besoek www.lefra.com of stuur ’n e-pos na info@lefra.co.za vir meer inligting.

Frans Swart, vervaardiger van Country Legendes en Vriende 2014 by Carnival City, sowel as al die vorige konserte, sê dat hy altyd vermoed het dat country musiek steeds baie populêr was in Suid-Afrika.  “Die Amerikaanse country legende, Charley Pride, het een keer opgemerk dat dit nie ‘billik is om te verwag dat almal in die wêreld country musiek liefhebbers moet wees nie’ en bygevoeg, ‘In elk geval, nog nie nou al nie’.

Die wegholsukses van die vorige Country Legendes en Vriende konserte bewys nie alleen dat country musiek steeds geweldig populêr is nie, maar ook dat country ondersteuners toeneem”, sê Frans.  “Die ondersteuning van die publiek het selfs mý verras … dit was wonderlik dat die vertonings weke vooruit uitverkoop is, en die konserte was ongelooflik!

Om die legendes te kombineer met die nuwe stemme in die bedryf was eenvoudig die logiese volgende stap nadat die eerste twee Country Legends konserte heeltemal uitverkoop het, en dit is hoekom ons besluit het om met ’n nuwe konsert terug te keer na Carnival City.”

Country Legendes en Vriende 2014 gaan die land se mees gewilde country talent ten toon stel.  “Hierdie jaar gaan ’n mylpaal vir country wees”, sê Frans Swart.  “Ons het een mikpunt in gedagte – om die helderste sterre in Suid-Afrikaanse country musiek byeen te bring op die perfekte plek – Carnival City se Big Top Arena.

Op 4 Oktober gaan Carnival City country se sentrale hoofkantoor wees!  Die joligheid skop af teen 20:00 – maak seker jy kry jou kaartjies nou!”  Soos gewoonlik, sal kaartjies beskikbaar wees by Computicket by 0861 915 8000 of www.computicket.com.  Groepe van meer as 10 kry ’n stewige afslag; kontak asseblief Lefra Produksies by 011 815 3000, of stuur ’n e-pos aan admin@lefra.com.

Support local journalism

Add Alberton Record as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

2 Comments

 
Back to top button