Mathys Roets in Alberton
Slegs een aand en een vertoning - moet dit nie misloop nie!
ALBERTON – Kom geniet ‘n gesellige aand saam met Mathys Roets wanneer hy ‘n draai in Alberton kom maak.
Die doel van die opvoering is om mense opnuut bewus te maak van gestremdheid, die verskillende vorme daarvan, en hoe dit mense in die algemeen raak. Hierdie inisiatief is dié van diakens van verskillende gemeentes aan die Oosrand.
Mathys tree op Vrydag 24 Oktober in die Alberton Burgersentrum om 18:30 vir 19:00 op en kaartjies is teen slegs R100 per persoon beskikbaar, Bespreek nou jou plek by Winnie Mulder 083 503 9635 of Japie Hoffman 082 935 0551.
Van die kaartjies is aan organisasies wat direk betrokke is by gestremde persone, soos Frances Vorwerg skool in Johannesburg-Suid en Huis Otto in Kempton Park, teen kosprys gegee om hulle fondse te bou.
Sommige van hierdie organisasies gaan dan ook ‘n klein uitstalling hou op die dag. Hierdie bewusmaking is ‘n voorloper vir 3 Desember wat die Internasionale Dag vir Persone met Gestremdhede is. Die dag herdenk die prestasies van mense met gestremdhede en het ten doel om ‘n beter begrip van die kwessies wat met gestremdhede gepaardgaan te bevorder en ondersteuning vir die waardigheid, regte en welstand van gestremdes te mobiliseer.
‘n Vriendelike, tog dringende beroep word aan Jan Publiek gemaak om die initiatief te ondersteun en waar moontlik ook te kom hand bysit.



