Sport

Ruan eerste sewes-Springbok

Ruan Nel is Alberton Rugbyklub se heel eerste volbloed sewesrugby Springbok.

ALBERTON – Dit gebeur presies 56 jaar nadat Johan Steenkamp in 1958 Alberton se eerste Springbokrugbyspeler vir vyftienman rugby geword het.
In 2013 by Alberton Rugbyklub se prysuitdeling is Ruan as klublid vereer vir buitengewone prestasie. Hierdie seisoen het hy egter aanbeweeg na Wits, nes Johan Steenekamp o.19 rugby by Alberton gespeel het en Springbok uit die Wanderersklub geword het.
Ruan se Springbok sewes debuut het gebeur tydens die eerste sewestoernooi van die jaar by die Australiëse Goudkus.
Vir die rekord, gevierde vyftienman rugby-Springbokke André Pretorius en Joe Gillingham het egter reeds meer as ‘n dekade gelede die eerste sewesbokke uit Albertonkontrei geword maar was nooit lede van Alberton Rugbyklub nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Alberton Record as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button