Opwindende ringtennis seisoen
Diegene wat die ringtennis kalenders dophou moet die volgende datums onthou.
MET die SA klubkampioenskappe en SA gemengde dubbelspelkampioenskappe agter die rug, was die fokus in Oktober op provinsiale ligawedstryde en die SA dubbelspel kampioenskapstoernooi wat op 25 Oktober in Alberton plaasgevind het.
Na die skoolvakansie in Desember en Januarie, gooi die ringe weer af op 31 Januarie 2015 met die SA enkelspel kampioenskappe in Pretoria vanaf 08:00. Die week daarna volg die voortsetting van die provinsiale ligas op 7 en 21 Februarie 2015. Op Saterdag 7 Maart word ‘n ringtennis opedag in Pretoria aangebied.
Die klimaks van die seisoen word vroeg in April bereik, wanneer die hoogtepunt van die seisoen die SA ringtennistoernooi in Pretoria plaasvind.



