Local sportSport

Alberton se ontwikkelingstoeiers

Die Suid Afrikaanse Stoei Federasie het die PTDP (Long Term Development Program) geïmplementeer om stoei in die algemeen te ontwikkel.

ALBERTON – Met hierdie program stoei die o.9, o.10 en o.11- jarige stoeiers teen mekaar met die doel om deel te neem. Na afloop van die stoeikragmeting word albei stoeiers as wenners aangewys. Op hierdie vlak word daar punte toegeken aan aksie en grepe wat toegepas word.

Slegs aan die einde van die jaar (September) word daar streeksproewe tussen Oos-Gauteng, Kwa-Zulu Natal en Mpumalanga aangebied. Tydens hierdie toernooi stoei die stoeiers om ‘n streekswenner te bepaal.

Alberton stoeiklub het 15 stoeiers gehad wat aan die streekskampioenskappe deelgeneem het, en hulle keer terug met 11 medaljes. Slegs die stoeiers wat eerste plekke behaal het, het die streek tydens die SA Streeksligbyeenkoms by Gauteng-Noord in Menlopark verteenwoordig.

Die stoeiers van Alberton wat aan die SA Streeksligakampioenskappe deelgeneem het, het individueel soos volg gevaar:

Damian Kruger (o.9) bo 39kg wen al drie sy kragmetings; o.10 Gerhard Pretorius 30-33kg verloor slegs een wedstryd; o.11 Francois Joubert 30-33kg verloor slegs een wedstryd; Abrie Duvenhage 36-39kg, Keenan Viljoen 39-40kg en Johan Maritz bo 50kg wen elk hul drie kragmetings.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Alberton Record as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button