
ALBERTON – Dit sal voorlopig plaasvind op elke eerste Saterdag van ‘n maand om 09:00 by Grant’s Dairy in Jacobastraat, Alberton-Noord.
Op die perseel is allerlei plaasdiere wat goeie afleiding bied, en indien daar genoeg belangstelling is, beplan ons ook nou en dan sportdae waarop hulle volleyball, sokker, atletiek en dies meer kan beoefen.
Die eerste byeenkoms word vir 14 Maart beplan, en daarna die eerste Saterdag van elke maand.
Ons het ‘n 20-jarige seun en ons weet hoe moeilik dit vir hulle is om sosiaal te verkeer of om vriende te maak.
Alle belangstellendes kan vir Elaine kontak op 011 864 4121 (w) of 072 756 2538.



