Dankie vir berig
Aan die Alberton RECORD met verwysing na die berig van Freddie Zeelie 1952-1974 Herinnering:

ALBERTON – Baie dankie vir die pragtige herdenkingsberig in die Alberton RECORD van 11 Ferburarie 2015.
Dankie aan Johan uit Fidji, ‘n “buddie” wat versoek het om die geskende graf te herstel, en veral dankie vir die Alberton RECORD wat gehelp het om die opskrif van die graf na te speur.
Vir Johnny, ‘n ander ”buddie” wat ‘n oorspronklike foto van die graf voorsien het: dankie ook vir die foto, dit het gehelp om die graf te restoureer.
So ook dankie aan hulle wat finansieel gehelp het om die graf, en dié van skutter Arthur (BA) Froneman te restoureer.
So gedenk ons ons spesiale mense wat ‘n merk gemaak het in ons gemeenskap. Dit was ‘n vreugde gewees om ‘n skakel te wees in die besonderse proses!
Koos van der Merwe



