Local sportSport

Nuwe skolerugbyliga

Nuwe Makroskole rugbyliga, waaraan spanne van die Leeus, Valke en Luiperds meeding, vind van hierdie seisoen af plaas.

ALBERTON – Hoërskool Marais Viljoen sal as Alberton se verteenwoordiger in die kompetisie in die B-afdeling van die kompetisie kragte meet met Jeugland van Kempton Park, Die Anker van Brakpan en Vereeniging Gimnasium.

Die twee voorste spanne uit hierdie vier in die afdeling sal teen die derde en vierde spanne in die A-afdeling uitspeel om twee van die plekke in die kwarteindronde van die Beeldtrofee.

Die Blou Bulle en die Pumas se twee voorste spanne, saam met die twee voorste spanne in die A-afdeling, dring direk deur na die kwarteindronde. Monument, EG Jansen, Kempton Park, Florida en Rustenburg is die skole wat sake in die A-afdeling uitspook.

Die bepalings vir hierdie nuwe skoleliga B-afdeling, waarby Marais Viljoen betrokke is, lyk soos volg:

* 23 Mei – Jeugland teen Marais Viljoen.

* 6 Junie – Marais Viljoen teen Die Anker tuis by Marais Viljoen.

* 20 Junie – Vereeniging Gimnasium teen Marais Viljoen.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Alberton Record as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button