
ALBERTON – Beste Alberton REKORD span.
Ons sou dit nie kon doen sonder julle span se insette nie.
Ligstad se vennootskap met Alberton REKORD is een van die bene waarop die projek gebou is, en ons weet dat ons ongelooflik geseënd is daardeur. Namens die bestuur, personeel en vrywilligers van Ligstad, dra ek ons opregte dank oor aan die Alberton REKORD span vir julle daar-wees vanaf Maart 2012, en my gebed is dat ons kan voortgaan met die vennootskap vir nog baie jare vorentoe.
Weet dat ons julle insette in die gemeenskap van Alberton raaksien en waardeer. Mag julle ook God se rykste seën beleef in julle werksaamhede.
Alida Jooste, maatskaplike werker/projekbestuurder, Ligstad



