Local sportSport

Nicolene stof top juniors uit

Die kroon in Marais Viljoen se atletiekkroon van dogtersatlete in die middelafstande en langer afstande, onder afrigting van die immergroen afrigter Deon Swanepoel, is ongetwyfeld Nicolene van der Merwe.

ALBERTON – Hierdie oud-kampioenatleet van Laerskool Randhart het die atletiekjaar afgeblits met die eerste plek op die juniors wennerspodium tydens die nasionale veldloopproewe. Die proewe was vir die kies van die span wat Suid Afrika by die Afrika Suidelike Streekskampioenskapsbyeenkoms sou gaan verteenwoordig. Nicole, wat as sewejarige in graad twee begin hardloop het, is tans graad 11 by Marais Viljoen en haar beste prestasie as 15-jarige die 3000 meter in ‘n blitsige 9:54:13 by die SA proviansiale sub-juniorbyeenkoms.

Sedert haar o.13 dae is sy reeds SA nasionale kampioen vir die laaste vier jaar. Voorwaar ‘n atletieknaam om dop te hou vir die toekoms.

Sy is onder die bekwame afrigting van Deon Swanepoel by Marais Viljoen, in uitgelese oefengeselsskap waaronder Clinton Swanepoel, wenner van die Alberton 10km padwedloop en outboet Dyllan van der Merwe, junior wenner van die Alberton 10 km.

Sy het reeds as junior haarself bewys as een van die voorste 10km vroue atlete in die land en ‘n blink toekoms in ook padwedlope word vir haar voorspel. Maar afrigter Deon glo in die beginsel van vat dit stap vir stap.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Alberton Record as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button