Derde musiekvideo vir Zoe-Jane
Zoe-Jane Cronjé, ’n graad 3 leerder van Alberton Leersentrum, is ’n jong aktrise in wording.
ALBERTON – In 2012 het sy in die Afrikaanse kunstenaar Anaïs se video Kinders van die wind gespeel, en in 2013 was sy saam met Franz Geldenhuyz in sy video Lullaby for you te sien.
Zoe-Jane het onlangs weer saam met Anaïs opgetree. Sy werk die keer nie net saam met Anaïs nie, maar ook saam met ‘n Amerikaanse kunstenaar, Nate Butler.
Nate is onder andere bekend vir sy verskyning op America’s Got Talent.
Die nuwe musiekvideo gaan binnekort op ANN7 en in Amerika uitgesaai word.
“Ons wens jou voorspoed met jou loopbaan toe, Zoe-Jane!” het ‘n woordvoerder van Impak bygevoeg.



