Albertonrugby se bepalings
A-Square-Forklift Alberton Rugbyklub was in Maart 103 seisoene gelede op 20 Maart 1912 gestig. Nou kan Alberton rugby-ondersteuners weer uitsien na ‘n opwindende seisoen van klubrugby vir A-Square Forklifts Alberton rugby.
ALBERTON – Die volledige bepalings is:
Vrydag 10 April: Sou teen Rustenburg Impalas weg gewees het, maar is gekanselleer aangesien Rustenburg Impalas nou verskuif na die Carltonliga; Vrydag 17 April Pukke tuis op Alberton Stadion; Vrydag 8 Mei: Roodepoort weg; Vrydag 15 Mei Randfontein tuis; Saterdag 23 Mei Union op Union; Vrydag 29 Mei loslootjie; Saterdag 6 Junie UJ tuis; Saterdag 20 Junie Wanderers tuis; Saterdag 27 Junie Pirates weg; Saterdag 11 Julie Raiders tuis; en Saterdag 18 Julie Wits weg.
Uitspeelwedstryde vir kwalifisering tot die Pirates Grootuitdaagliga tweede ronde en daaropvolgende tweede ronde bepalings vir ses spanne elk op vyf dae, is geskeduleer vir Saterdag 1, 8 en 15 Augustus, Vrydag 22 Augustus en Saterdag 29 Augustus.
Program vir klubdae tuis en weg op Saterdae is van 13:00 derdes en 0.21’s, 14:45 tweedes en 16:00 seniorspanne (eerstes).
Weeksaande se bepalings begin om 18:00 en eerstes skop af om 21:00.
Alle bepalings en tye is onderworpe aan verandering.



