Sy was getroud met my pa, Nicolaas Meyer, ook ‘n Albetonner wat ‘ n bouer was en heelwat bekende geboue in Alberton gebou het, soos o.a.die Nevada sentrum, My pa is nou 10 jaar gelede oorlede.
Uit hul huwelik is daar ses kinders gebore, drie seuns en drie dogters. My moeder word Donderdag 81. Sy is op die oomblik in ‘n rolstoel en het baie pyn. Sy was laas jaar baie siek, en ons almal het gedink ons gaan haar verloor, maar die Heer was goed vir ons gewees. Sy het aan my genoem die naweek hoe bevoorreg sy is om nog al haar kinders, kleinkinders en agterkleinkinders nog saam met haar te hê, waarvan daar slegs my vader en een swaer (oorlede aan kanker) is.
Uit die ses kinders se huwelike is daar altesaam 15 kleinkinders gebore, waarvan daar 10 kleindogters en vyf kleinseuns is, en waarvan sewe van hulle ook nog in Alberton woon. Uit hierdie huwelike is daar 18 kleinkinders gebore, 11 kleinseuns is en sewe kleindogters, en dan moet byvoeg daar is ‘n tweeling op pad, so dit maak die totaal 20. Daar is reeds ‘n tweeling in die familie, so hierdie sal die volgende tweeling wees.
Ek wil graag hê my moeder moet die voorreg hê om self die berig te kan lees, want gewoonlik plaas familie altyd ná die afsterwe van ‘n familielid ‘n beriggie oor daai person se lewe, en ek wil bewys aan iemand hoe sy gewaardeer word terwyl sy nog lewe. Ek is baie gelukkig om so ‘n goeie moeder te kan hê.
(Brief verkort – Red.)



