School sportSport

Marais Viljoen skolenetbal

Die room van die land se top netbalskole was in Pretoria saamgetrek by die Waterkloof netbalfees.

Marais Viljoen se eerstespan het goeie rekenskap van hulself gegee met die volgende uitslae: Dag een (drie rondes): Verloor teen Duineveld 11-15, klop Kempton Park 20-18 en oorrompel Waterkloof II 41-22;

Dag twee (vyf rondes): Verloor teen Randburg 20-38, verloor teen Brackenfell 24-32, wen teen Menlo Park 32-20, klop Akasia 32-29, maar verloor naelskraap 30-32 in hul laaste wedstryd

Dag drie: Na hul neerlaag van 15-31 teen HTS Middelburg behaal Marais ‘n oorwinning van 26-24 oor Wessel Maree.

Dag vier: Die blouspan gooi af met ‘n naelskraapsege van 29-27 in hul openingswedstryd teen nog ‘n Vrystaatse plattelandse skool, maar val vas teen Nelspruit met 21-29.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Alberton Record as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button