Geluk aan die rugbyspan
Hoërskool Alberton se o.16 rugbyspan wat geborg is deur Alberton CMH Toyota is onoorwonne in vanjaar se NWU Vaal Super14 reeks.

Hoërskool Alberton se o.16 rugbyspan wat geborg is deur Alberton CMH Toyota is onoorwonne in vanjaar se NWU Vaal Super14 reeks. Hulle het die volgende tellings behaal deur Hoërskool Standerton 38-0,Hoërskool Brits 50-3, Hoërskool Hans Moore 38-5 en Hoërskool Dr Malan 19-10 te verslaan. Hulle is Saterdag April 18 as die NWU Vaal Super14 kampioene aangewys ná hulle in die finaal Hoërskool Dr Malan 12-0 geklop het. Baie geluk aan die span en hul afrigters, Menere Zak Aucamp en Shaun Redgar



