LettersOpinion

Inbraak laat mens wonder wie toegang het tot SAPS dokumente

Van ons Facebookblad: Mense, as julle 'n kluis, en meer spesifiek een met 'n wapen in het, moet julle asseblief ekstra versigtig en op julle hoede wees.

ALBERTON – Hulle het gister by ons ingebreek, ons hele kluis uit die muur gebreek, en hulle is weg met die kluis en sy inhoud.

My en my man se vuurwapens met ekstra rondtes, al ons waardevolle juwele, erfstukke van ons grootouers, soos onder andere ‘n familiering wat ons kind sou erf, ons paspoorte en ons testament wat al ons persoonlike en vertroulike inligting bevat, ons motors se spaarsleutels – alles is weg.

Daar is nie aan die televisies of rekenaars geraak nie. Ons kluis is uit die muur gebreek, asof hulle presies geweet het waar dit is en wat daar binne toegesluit was.

Net twee weke gelede het presies dieselfde ding by ons buurman net oorkant die straat gebeur. Ook net sy kluis met sy vuurwapens is uit die muur gebreek. Die vraag is: is dit net toeval, of het die kriminele toegang tot die databasis van die SAPD, wat ons huise besoek om inspeksie te doen vir vuurwapenlisensies?

Vra maar net.

*Geredigeer

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Alberton Record as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

Check Also
Close
 
Back to top button