Dit is pannekoek tyd
Met die koue weer is 'n pannekoek dalk net wat jy nodig het om jou knus te laat voel.
ALBERTON – Met die groot kermis agter die rug, gaan die Alberton Aftree-oord voort om pannekoeke vir fondsinsameling te verkoop.
As jy nog nie hierdie pannekoeke geproe het nie, dan is dit tyd dat jy ‘n bestelling plaas, want hierdie baksels is smullekker, soos net die ”A-team” van die oord dit kan opdis.
Die volgende verkoopdatum is 22 Junie. Maak seker dat jou bestelling vir jou pannekoeke voor 09:00 op dié spesifieke Maandag by 011 907 8641 geplaas is.
Bestellings kan ook afgelewer word.



