Local sportSchool sportSport

Goue Leeus finaal wink vir skool van die Suide

President sal in die finaal van die Goue Leeus Middelskole speel.

HOËRSKOOL President High se eerste rugbyspan het na die Goue Leeus Middelskole se finaal deurgedring.

Dié Suidelike skool spog vanjaar met twee spanne wat in ‘n eindstryd speel.

President se eerstes het op Saterdag, 20 Junie, die span van Carltonville 18-17 geklop om sodoende hul plek in die finaal te verseker. Die rugbyspan het met hul teenstanders afgereken deur twee spogdrieë in die wedstryd te druk. Raymond Jacobs het tydens die eerste helfte ‘n drie onder die pale gaan druk voor Thami Mbhele die regterkanste hoek in die tweede helfte gaan opsoek het. President het ook daarin geslaag om twee strafskoppe en drie drieë te verdoel.

Die Goue Leeus Middelskole finaal vind op Saterdag 25 Julie by die Universiteit van Johannesburg (UJ) plaas. President se o.15-bulspan, wat Hoërskool Goudrif die loef af gesteek het met 21-10, sal in die o.15 finaal teen Alberton High uitdraf.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Alberton Record as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button