School sportSport

Randhart se o.12 netbalsterre

Laerskool Randhart se o.12A netbalspan het ’n uitstekende seisoen agter die rug.

ALBERTON – In April het hulle bronsmedaljes by die Super 12-kompetisie verower, as wenners uit die Ekurhuleni Superliga getree en daarna boonop netbalgeskiedenis gemaak toe hulle met die louere as Gautengwenners beloon is.

Tydens die o.12A span se deelname aan die Suid-Afrikaanse kampioenskappe reken hulle af met Sunnyridge Primary School van die Oos-Kaap, Oosskool in Limpopo, asook Laerskool Brackenfell en Laerskool Durbanville van die Wes-Kaap. Dié wedstryde was hard en die reën het ook talle uitdagings gebied.

Die o.12A netbalspan eindig algeheel vyfde in Suid-Afrika en Laerskool Randhart is uiters trots op hierdie spannetjie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Alberton Record as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button