LettersOpinion

Kuierkroeg is ’n raaswater

Rita, ’n Alberton-inwoner skryf:

EK woon in Alberton naby Parklandstraat. Daar is ’n kafee met ’n kuierkroeg wat die eintlike probleem is.

Die musiek wat daar uitblêr is verskriklik hard veral oor die maandeind naweek. Dit hou die hele naweek aan en een onlangse naweek was dit weer so.

In die dag kan ’n mens dit nog hanteer, want dan is jy besig met ander dinge, maar in die aand wil ’n mens darem rus kry.

Die musiek word vreeslik hard gespeel en die volume word van hard na sag en dan weer na hard gedraai. Só gaan dit die hele tyd. Ons staan al op met ’n kopseer en gaan slaap ook met een.

Een Saterdagaand was ek amper uit my kamer geblaas van die harde geraas en dit het eers laat die Sondagoggend weer bietjie rustiger geword. Toe ek daardie aand in die bed klim was die musiek egter reeds weer aan.

Ken hulle dan geen einde nie?

Ek is seker die ander inwoners voel net soos ek. Ek weet nie meer hoe lank ek met hierdie geraas sal kan uithou nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Alberton Record as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

Check Also
Close
 
Back to top button