LettersOpinion

Ons wil dankie sê

Ons wil almal bedank vir hulle belangstelling

ALBERTON – Dit was die wil van ons Skepper van die hemel en aarde om ons geliefde eggenoot, pappa en oupa van ons af weg te neem.

Richard Leo is op Maandag, 31 Augustus, op die ouderdom van 76 jaar oorlede. Sy plek is leeg en sy stem is stil, maar dit was God se wil. Hy word betreur deur Isabel, Ansurie en Anrich.

Ons wil graag vir almal dankie sê vir hulle belangstelling gedurende die tyd. Dankie vir al die gebede, vertroostende woorde, kaartjies, ruikers en verversings wat by die huis voorsien is asook die bywoning van die diens en die laaste eerbewys by die graf.

Ons sal Richard altyd onthou vir sy pittige stories en sy liefde vir mooi musiek.

Leo familie

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Alberton Record as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

Check Also
Close
 
Back to top button