Spoedvraat se spoed op N12 gou gebreek
’n Spoedvraat jaag al langs die N12 omdat hy glo laat is met aflewerings.
DIE naald van ’n jaagduiwel se ligte afleweringsvoertuig het Sondag, 18 Oktober, tot oor die 170km per uur gestyg, omdat hy glo laat was met aflewerings.
Hoof Superintendent Wilfred Kgasago, van die Ekurhuleni-metropolisie, het gesê verkeersbeamptes het die 37-jarige man op die N12 snelweg tussen Voortrekkerweg en die R59-Sybrand van Niekerk afrit gekry waar hy sy ligte afleweringsvoertuig teen 172km per uur in ’n 120km sone bestuur het.
Lees ook: Government employee caught speeding on N12
Kgasago het gesê die man is by die Alberton Polisiestasie van roekelose en nalatige bestuur aangekla.
Hy het reeds in die Palmridge Landdroshof verskyn en is op borgtog van R1 000 vrygelaat.
Verwante artikels:
• Excuses for speeding on Sundays
• Speedsters caught on N12 and R59



