Allies vergaar eerste plekke
MET ’n jaar wat blitsvinnig op enige atleet afstorm het Hoërskool Alberton se atlete die skool se naam hoog gehou tydens hul vriendskaplike byeenkoms teen Hoërskool Die Anker in Brakpan op 29 Januarie. Die skooljaar het skaars begin, maar Allies se atlete het beslis vir niks teruggestaan nie. Allies se atlete het ’n totaal van …
MET ’n jaar wat blitsvinnig op enige atleet afstorm het Hoërskool Alberton se atlete die skool se naam hoog gehou tydens hul vriendskaplike byeenkoms teen Hoërskool Die Anker in Brakpan op 29 Januarie.
Die skooljaar het skaars begin, maar Allies se atlete het beslis vir niks teruggestaan nie. Allies se atlete het ’n totaal van 47 eerste plekke behaal tydens die byeenkoms, insluitend:
Alissa de Klerk in 90m hekkies, verspring en 100m; Jesse Faber in diskus; Celine Duncan in gewigstoot; Danika Lemmer in die 400m; Chanelle Smith in 90m hekkies, verspring, 100m, 200m en diskus; Annemarie Lottering in 400m hekkies; Bronwin Thomas in hoogspring; Shimoreze Smith in verspring en spiesgooi; Nelize van Schalkwyk in die 1 500m; Zandri Basson in 100m hekkies,400m hekkies, verspring en drie-sprong; Rene Else in die 100m en 200m; Tharien Erasmus in 3 000m, 400m en spiesgooi; Tandice Rynhoudt in 1 500m; Shaun du Toit in verspring, 100m en 200m; Zander du Toit in die 100m en 300m hekkies en hoogspring; Damain Rudman in die 800m en 400m; Dwayne Swart in die 300m hekkies en hoogspring; Anthony Grobler in die 800m; JP Botha in diskus en spiesgooi; Reghardt Coetzee in 1500m, 3000m en 800m; JJ Swart in gewigstoot; Jonty Muller in drie-sprong en Zander Naude in gewigstoot.




