ATLETE het onlangs omtrent hul beste voetjies voor gesit tydens ’n prestige atletiekbyeenkoms by die Herman Immelman Stadion op Germiston.
Hoërskool Alberton, wat ook die gasheer was vir die byeenkoms, was die wenners van die dag met 732 punte. In die tweede plek was Hoërskool Oosterlig met 698 punte, derde was Hoërskool Dinamika met 570 punte terwyl Alberton High se 388 punte hul ’n vierde plek in die sakkie gebring het.
Lehane Marais is as die beste junior dogtersbaanatleet aangewys en Riani van der Hoven en Dwayne Swart was die beste junior veldatlete. Drie van die Allie-atlete het ook trofees vir hul uitstekende prestasies ontvang.
Die leerlinge wat nie op die veld presteer het nie, het gesorg vir goeie gees op die paviljoene. Vier sangroepe van die skole het ook teen mekaar gekompeteer. Hoërskool Alberton het almal wat met dié dag gehelp het, bedank.
ATLETE KOMPETEER: Atlete van Alberton High en Hoërskool Alberton in aksie tydens die prestige atletiekbyeenkoms.
DWAYNE MIK HOOG: Dwayne Swart van Hoërskool Alberton het baie goed by die hoogspring-punt gevaar.
ASHLEIGH SPRING HOOG: Ashleigh Graddon van Alberton High het 1.4m hoog gespring tydens die atletiekbyeenkoms by die Herman Immelman Stadion.
VET PRET: Die pom-pom dansgroep van Hoërskool Alberton het die toeskouers omtrent met hulle danse vermaak en op hulle voete gehad.
GEESVANG IS LEKKER: Sanggroepe van die vier hoërskole tydens die byeenkoms.
ALLIES VIER OORWINNING : Twee van die dirigente van Hoërskool Alberton het van hulle top atlete rondgedra om met hulle te spog. Allies se tema was ‘The Mario Brothers’.
AANMOEDIGING VIR ATLETE: Die dirigente van Alberton High School het seker gemaak hulle staan bo die ander uit met hulle danse en gees.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!