ATLETE van die Laerskool President Steyn het baie goed gevaar by die Distrik Kampioenskappe, op Woensdag, 17 Februarie, by die Herman Immelman Stadion.
Dié skool was ook vanjaar die gashere en het skole van Alberton, Germiston en Boksburg verwelkom om teen mekaar te kompeteer.
Daar was ongeveer 200 skole by die atletiekbyeenkoms en sewe van President Steyn se atlete is in die D6-span ingesluit, wat aan die Gautengse Kampioenskappe gaan deelneem.
Daar was ses eerste plekke en twee tweede plekke. Meeste van die atlete het in gewigstoot en kortafstande hekkies uitgeblink.
As dié atlete by die Gauteng Kampioenskappe deurgaan, gaan hulle na die Suid-Afrikaanse Atletiekbyeenkoms toe.
Lees ook :
Laerskool President Steyn verwelkom nuwe personeel
Laerskool President Steyn se graad eens se eerste dag.
President Steyn spog met Oos-Gauteng hokkie spanlede



